Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
29 Mei 2023

Izak du Plessis

Waaroor gaan My Neus in Jou Besigheid?

Hier druk Dr. Coléne Hind haar neus in die besigheid van Suid-Afrika se entrepreneurs.

Ontdek hul denke, leer uit hul suksesse en mislukkings, en kry waardevolle insigte vir jou eie besigheid.

Ken jy ’n inspirerende entrepreneur?

Ons is altyd op soek na nuwe entrepreneurs met unieke stories. Stuur jou voorstelle na ons en deel hul storie met die wêreld.

Izak du Plessis (@zakjourno) / TwitterVan “kroeg dominee” tot bekroonde uitsaaier, Izak du Plessis is ‘n man met ‘n plan.

Coléne gesels met Izak du Plessis van Nuuspod oor sy lewensreis van regs student na dominee na sosatie sjef na toekennings bekroonde radio en TV uitsaaier. Aan kleurvolle ervarings het Izak geen tekort nie, en hy deel sy hoogte en laagtepunte met rou eerlikheid. Ons gesels ook oor die skryf van sy Boere verneuker stories, en sy “liberal turn” en hoe hy nou voel oor sy herkoms. Gooi vir jou ‘n lekker glas rooi, en kom reis saam deur die denke van die destydse “kroeg dominee”.