𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 ‘𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳.
Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk.
Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47’s in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig te hou as om die mense te beskerm wat hulle betaal. Veiligheid is mos ‘n prioriteit. Net nie joune nie.
Dan skuif ons na die wêreldverhoog. Wit kruise word geplant in die agterplaas van die Withuis, en skielik is moord op ‘n klein groep mense in Suid-Afrika op die grootste verhoog ter wêreld. Maar, natuurlik nie sonder ‘g groot mate van kritiek nie.
Die Madlanga-kommissie duur voort. Ons luister, ons knik… en ons wonder of ons werklik reg was om al die “waarheid” te wou hoor.
Dis AK47’s en agterplase.
Dis ministers en lyfwagte.
Dis kruise en kommissies.
Dis die waarheid, of ten minste die weergawe wat ons kon hanteer.
Dis KLETS.




