Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
8 Mei 2023

Sukses

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak.

Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds diep binne jou.

Podsending
| siel | Sukses