EP 263 KLETS - Hy Huil, Ons Betaal
21 Oktober 2026

EP 263 – Hy Huil, Ons Betaal

Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio.

Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou.

Fekile Mbalula stort ’n traan, soos ’n goeie hofnar betaam, ná die Constitutional Court se uitspraak. Die vraag is net wie se traan dit regtig was.

Dan die middelklas. Waarheen het hulle verdwyn, en hoe oorleef “hulle” nog? Colene gaan terug na 2000 en gee ons brood, melk en brandstof se pryse. Dan kyk ons wat dieselfde mandjie nou in 2026 uit jou sak jaag. Ja, jy gaan ’n bietjie sit en wens jy was ’n CEO van ’n JSE company.

En omdat 2026 ook sy eie taal het, kyk ons na die woorde wat die meeste opslae gemaak het.

Dis plakate en prysetikette.
Dis trane en tariewe.
Dis KLETS.

Podsending
| KLETS | EP 263 – Hy Huil, Ons Betaal

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos.