Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
2 Julie 2024

Oorvloed

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak.

Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld of die lig binne jou, kan uitdeel. Dink aan momente waarin jy sê “My hart loop oor”…

Kom ons mediteer nou, om oorvloed, abundance lewendig te maak in ons lewens.

Podsending
| siel | Oorvloed