Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
Siel net op Afrikaans.Radio
13 Augustus 2023

Om my Aandag te Vernou en te Vernuwe

Hoe om te luister?

Vind ’n rustige plek, druk speel, en laat die klanke jou lei. Siel se meditasies is ontwerp om jou op jou eie terme te ondersteun – kalm, nie-indringend, en vry van enige spesifieke oortuigings.

Hierdie oomblik is net vir jou.

Wat is meditasie?

Meditasie is die praktyk van bewuste stilword – ’n manier om jou gedagtes te kalmeer en meer teenwoordig te wees in die oomblik. Dit is nie gekoppel aan enige spesifieke geloof nie en kan deur enigiemand beoefen word, ongeag agtergrond of oortuigings.

By Siel fokus ons op eenvoudige, toeganklike meditasies wat jou help om stres te verminder, jou gedagtes helder te maak, en ’n gevoel van balans en kalmte te vind.

As jy jou aandag fokus, letterlik vernou, vernuwe dit jou denke, dit is aandagsvernuwing. Jy kyk letterlik met nuwe oë na die lewe. Onthou jy, toe ons kindertjies was, het ons op die grond gelê en na die wolke gekyk soos dit beweeg. Na so ‘n sessie voel mens sommer LEWENDIG.

Daardie paar minute, waarin ons net fokus op een objek of gebeurtenis, sonder om verder te dink of dit te prober identifiseer, of daaroor mymer, restoureer ons breingolwe en vernuwe ons denke.

Podsending
| siel | Om my Aandag te Vernou en te Vernuwe