‘n Onverwagse swangerskap is nie altyd goeie nuus nie—veral as jy gedink het jou gesin is klaar of jy sukkel al klaar om kop bo water te hou.
Karla Janse van Vuuren het op 40 tot haar skok uitgevind sy kry ‘n laatlam, en vir lank was dit iets waarmee sy gesukkel het om vrede te maak. In hierdie episode gesels sy en Daniëlla eerlik oor die emosionele wipplank van ‘n onbeplande swangerskap—van vrees en onsekerheid tot aanvaarding.
Ons lag selfs oor voorbehoedmiddels wat eenvoudig nié gewerk het nie!