Wil jy jou gesin se band versterk en spesiale herinneringe skep—sonder om ekstra tyd of geld te hê?
In hierdie hartlike episode van ’n Ma en ’n Mikrofoon gesels Daniëlla van Heerden en Felicia Snyman Du Toit oor die krag van eenvoudige gesinstradisies.
Felicia deel hoe hul kreatiewe “Tuesday Theme Nights” gehelp het om ’n nuwe, saamgestelde gesin te versterk. Daniëlla sluit aan met praktiese, maklik uitvoerbare idees wat jy sommer vandag al kan begin gebruik om jul band te verdiep en herinneringe te bou.
Dis ’n inspirerende gesprek oor hoe klein gewoontes groot liefde kweek.