Swangerskap eis baie van jou liggaam, maar met die regte benadering kan jy sterk en gesond bly – vir jouself én jou baba.
In hierdie BlitsPod gesels Daniëlla met Annéke da Silva, ’n spesialis in pre- en postnatale fiksheid. Sy deel drie wenke vir diegene wat reeds swanger is of in die toekoms swanger wil word.
Van veilige oefening tot gesonde eetgewoontes, hier is eenvoudige, praktiese raad vir ’n sterk swangerskap en ’n gesonde begin vir jou baba.