n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
12 Februarie 2025

Skrywer Jaco Jacobs oor kinderboeke, lees en ouerskap

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

In hierdie episode gesels Daniëlla met Jaco Jacobs, een van Suid-Afrika se mees geliefde kinderboekskrywers. Ons praat oor waarom jou kind moet lees en hoe ouers kinders aan die lees kan kry.

Jaco deel ook sy eie ervarings as pa van twee laerskoolmeisies en verduidelik waarom hy en sy vrou so min as moontlik druk op hulle kinders sit.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Skrywer Jaco Jacobs oor kinderboeke, lees en ouerskap