Reeks 2 is hier! Nuwe Gaste, Nuwe Episodes en BlitsPods
Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?
‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”
Wie is Daniëlla van Heerden?
Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.
‘n Ma & ‘n Mikrofoon is terug! Hierdie episode bied ‘n voorskou van die onderwerpe en gaste wie se stories ons die komende weke gaan hoor. Ek deel ook opwindende nuus oor ‘n benoeming vir ons podcast, en vra luisteraars se hulp en terugvoer