Outisme, ADHD en neurodiversiteit raak talle ouers. Onsekerheid, vrees en selfs woede is van die emosies wat met ‘n diagnose kan gepaardgaan.
Daniëlla gesels met Nellie van der Walt en haar dogter, Nina, wat beide outisme het. Die 16-jarige Nina is op 9 gediagnoseer, maar Nellie het eers as volwassene besef sy is self op die neurodiversiteit-spektrum.
Hulle gee raad vir ander ouers uit die oogpunt van beide ‘n kind en ‘n volwassene – nuwe perspektief op hoe dit regtig voel om anders te dink en te voel.