Die jare tussen 18 maande en 18 jaar vlieg verby—iets wat Lindie Strydom, bekende spreker, aktrise en ma van drie, uit eie ondervinding kan beaam.
In hierdie diep en eerlike episode van ’n Ma en ’n Mikrofoon praat Lindie met Daniëlla oor haar lewenslesse as ouer:
Van teleurstellings in die tienerjare, tot die belangrikheid van selfversorging en sorg vir jou huwelik.
Sy deel ook hoe sy moes leer om haar kinders se unieke persoonlikhede te verstaan, hoekom ‘n gesonde verhouding met jou kinders die grondslag van alles is, en hoe haar geloof haar gedra het deur moeilike tye.
Hierdie episode is deel van die #MoedVirMammas-reeks in samewerking met Afrikaans.com, en is ’n inspirasie vir elke ouer wat bewus ouerskap wil uitleef—met hart, geloof en genade.





