'n Ma en 'n Mikrofoon met Daniella van Heerden
5 Junie 2025

Jóú droom as ma? Bereik dit só!

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Vandag se episode is ’n MOET-luister vir elke ma met ’n droom – of jy dit al reeds najaag, of opsy geskuif en vergeet het. Daniëlla gesels met by Emma van der Merwe – ultra-marathon atleet en ma van twee wat bewys dis moontlik om moeg én gemotiveerd te wees… en steeds nie tou op te gooi nie!

In hierdie episode praat ons oor:

  • Waarom ouerskap nie die einde van jou eie droom hoef te wees nie
  • Wat om te doen wanneer mom guilt begin knaag
  • Die klein veranderinge wat ‘n groot verskil maak aan jou motivering
Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Jóú droom as ma? Bereik dit só!