Ivor Swartz op 'n Ma en 'n Mikrofoon
18 Junie 2025

Ivor Swartz – Van Verlore Seun tot Betrokke Pa

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Ivor Swartz se kinderdae-herinneringe aan Vadersdag is nie gevul met vreugde nie. Hy het sy pa op drie verloor, as jong man ses jaar in die tronk deurgebring nadat hy sy broer doodgemaak het, en hy het lank swaar gedra aan die diep wonde van ’n lewe sonder ’n teenwoordige pa.


Ivor deel met Daniëlla lesse oor sy eie onlangse reis as ouer – om te werk deur die seer van die verlede, en te leer hoe om ‘n goeie pa te wees, sonder dat hy self een gehad het.


Ivor werk ook gereeld met jongmense. Hy kén die hart van ‘n tiener en deel uit daardie perspektief raad vir elke pa en ouer wat béter wil wees vir hulle kinders.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Ivor Swartz – Van Verlore Seun tot Betrokke Pa