Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
13 November 2024

“‘n Goeie Ma”: Ons Vier ‘n Jaar van ‘n Ma

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

In die laaste episode van Seisoen 1 van ‘n Ma & ‘n Mikrofoon, vier ons ‘n jaar van ouerskap, ondersteuning, raad en inspirasie.

Hierdie platform is nou ‘n wêreldwye Afrikaanse “kuber-netwerk” van ma’s wat hulle stories ekom deel het.

Sluit by ons aan vir ‘n oorsig van die podcast se hoogtepunte van die afgelope 40 episodes, waar ons terugkyk na van die beste raad en mees emosionele oomblikke saam met ons gaste.

Hier hoor jy ook die stemme van van ons luisteraars; en Daniëlla verklap van die nuwe dinge wat wag in Seisoen 2 in 2025.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | “‘n Goeie Ma”: Ons Vier ‘n Jaar van ‘n Ma