Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
1 Oktober 2024

Swanger ná 13 rondtes IVF

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Christa-Marie du Toit is swanger met haar tweede kind ná 13 rondtes IVF. Sy het haar eerste kind gehad na 6 rondtes UVF.

Sy ken maar alte goed die emosionele wipwarit van maand na maand, jaar na jaar se wag en hoop. Hoop dat die swangerskapstoets dié keer positief sal wees. Sy wéét hoe uitmergelend dit kan wees vir ‘n vrou se lyf; en hoe dit selfs die sterkste huwelik kan toets – om nie te praat van die finansiële tol wat dit eis nie.

In dié episode praat Christa-Marie met Daniëlla oor haar jarelange IVF-reis, en deel ook wenke vir ander ma’s wat dieselfde moeilike pad stap.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Swanger ná 13 rondtes IVF