Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
19 September 2024

TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Juffrou Linky

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

“Juffrou Linky” op YouTube kry daagliks duisende ‘views’ – en jou peuter of kleuter is waarskynlik een van hulle! In hierdie episode ontmoet Daniëlla Linkie Retief, beter bekend as “Juffrou Linky.”

Ons gesels oor haar uiters suksesvolle YouTube-kanaal, wat nou ook haar en haar man, Retief, se voltydse werk is. Sy vertel waarom hulle Afrikaanse video’s maak al is dit eintlik hulle Engelse kanaal, “Miss Linky,” wat die rekeninge betaal. Maar ons praat ook oor ma-wees, hoe haar kinders die inhoud van haar video’s beïnvloed, en haar drome vir die toekoms.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Juffrou Linky