Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
6 September 2024

(Her)ontdek jou Styl as Ma

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Voel jy dis tyd vir ‘n verandering wat jou klere-keuses aanbetref? Haal jy keer op keer dieselfde items op dieselfde manier uit jou klerekas? Het jy hulp nodig om nuut na jou “ou” klere te kyk?

In dié episode gee stylkonsultant Lizanne Anderson raad oor mode spesifiek vir ma’s. Vroue sê dikwels hulle identiteit as mens het verander toe hulle ‘n ma geword het. Jou leefstyl en finansies verander ook ingrypend, en daarmee saam is dit dikwels nodig om anders te kyk na jou klere en bykomstighede.

Lizanne gee Daniëlla en die luisteraars raad oor hoe om op ‘n begroting te koop, hoe om jou bestaande items te herbenut, en hoe om selfvertroue in jou eie styl te vind.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | (Her)ontdek jou Styl as Ma