Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
14 Augustus 2024

Die Hart van ‘n Werkende Ma

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Om ‘n werkende ma te wees voel soms asof jy in die sirkus is, en 10 balle gelyk in die lug probeer hou. Maar hoe gemaak wanneer die balle begin val?

Daniëlla gesels in hierdie episode met bedryfsielkundige Elne Janse Van Rensburg van Moms At Work oor hoe ‘n werkende ma balans (of die gebrek daaraan!) moet benader, moeilike keuses kan maak en haar nuwe identiteit vind en vestig wanneer sy terugkeer werk toe ná ‘n baba.

Elne praat ons ook moed in om vir ons kinders ‘n voorbeeld te wees en te wys: “Kyk, ons kán moeilike goed doen”.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Die Hart van ‘n Werkende Ma