Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
31 Julie 2024

Hoe Om ‘n Ma Wat Borsvoed te Ondersteun

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Dié Wêreld-Borsvoedingsweek vier ons ma’s wat borsvoed: Die hoogte- én laagtepunte, die koesteroomblikke en dié uitdagings.

In hierdie episode gesels Daniëlla met Alwerí Brand en Caroli Diener, twee leidsters van La Leche League Suid-Afrika. LLL is een van die wêreld se voorste organisasies vir die ondersteuning van borsvoeding. Hulle gee raad oor hoe ma’s wat borsvoed na hulleself kan omsien tydens hierdie spesiale tyd in hul verhouding met hul kind – maar ook hoe ‘n borsvoed-mamma se man, familie en geliefdes kan help om haar te ondersteun.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Hoe Om ‘n Ma Wat Borsvoed te Ondersteun