Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
28 Junie 2024

Vegter Vir Hoop: Die Ma Wat Met Reuse Baklei

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Liézel Els se tweeling, Lia en Nelius, is nog nie eers 3 jaar oud nie, en sy’t reeds ‘n leeftyd se uitdagings agter die rug. Reeds vóór hulle geboorte moes Liézel (41) vir haar kinders begin baklei: As enkellopende vrou wat bitter graag ‘n ma wou word, is sy deur ronde op ronde van fertiliteitsbehandeling.

Maar net enkele weke na hulle geboorte, moes Liézel hoor Lia het ‘n uiters seldsame toestand, een wat behels dat haar brein nie ten volle ontwikkel het nie. Daarna het nog uitdagings voorgelê: Om genoeg geld te kry vir die behandeling. Om tussendeur dit als voltyds te werk. En om een van die land se grootste mediese fondse aan te vat toe hulle Lia se behandeling afkeur.

Liézel praat openhartig met Daniëlla oor die uitdagings van enkelma wees, van sorg vir ‘n kind met spesiale behoeftes, en om elke keer op te staan wanneer die lewe jou wil platslaan.

WEBBLAD: https://miraclesforlia.com

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Vegter Vir Hoop: Die Ma Wat Met Reuse Baklei