Die rol van ‘n pa in ‘n kind se vorming en menswees is enorm. Daar word (met reg) van vandag se pa’s verwag om nie meer bloot die versorger te wees nie, maar werklik ‘n rol te speel in alle aspekte van die gesinslewe.
Maar daarmee saam kom uitdagings – spanning, vrese en onsekerheid of pa’s dié skoene kan volstaan. Soveel te meer as ‘n man dalk nie self ‘n pa gehad het wat ‘n voorbeeld gestel het nie.
In hierdie episode praat Daniëlla met Johan Botha, ‘n pa en lewensafrigter, oor talle kwessies wat pa’s en gesinne raak, soos: Raad vir mans wat binnekort vir die eerste keer pa word, en oorweldig voel Mans wat onlangs pa geword het, en onseker is oor hoe hy die man kan wees wat hy graag wil wees vir sy gesin Pa’s van ouer kinders wat steeds ‘n sterk band wil behou, te midde van die uitdagings van die tienerjare.
En dan beantwoord Johan ook nou vir ons die vraag: Wat is die 3 dinge wat goeie pa’s gereeld vir hulle kinders sê?
*Hierdie is die eerste episode in ‘n reeks wat fokus op pa’s, met die viering van Vadersdag in Juniemaand.