Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
12 Junie 2024

(On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Jaco van Schalkwyk het sonder ‘n betrokke pa grootgeword, en dit het baie seer in sy lewe veroorsaak. Jare later het hy voor ‘n kruispad gestaan: Word hy sélf ‘n onbetrokke pa, of kies hy ‘n ander – maar moeiliker – pad?

Jaco het gekies om te verander, om die werk te doen en te leer om ‘n goeie pa te wees. Dit was egter nie die einde van sy vaderskapsreis nie, want Jaco het besef daars ‘n hele geslag jong seuns in Suid-Afrika wat vaderloos is, of wie se pa nie ‘n goeie rolmodel is nie. En toe begin Jaco “The Character Company”, waar hy en ander mans as’t ware “pa staan” vir jong seuns wat nie pa’s het nie. Want Jaco wéét immers hoe voel die leemte waar ‘n pa moet wees, en hy verstaan hoe moeilik dit is vir enkelma’s is wat alleen daardie las moet dra.

Nou vervul die mans van “The Character Company” die rol van positiewe manlike rolmodelle: Hulle leer vir die seuns goeie waardes, hulle gaan kamp saam met hulle en maak werklik ‘n verskil in hulle lewens. Jaco praat met Daniëlla oor wat dit is om ‘n goeie man en pa te wees, hoe mans “generational trauma” en ouerwonde kan genees en ‘n nuwe storie van ouerskap skryf. Hy praat ook tot die hart van mans, so hierdie episode moet gehoor word deur elke man, pa, eggenoot en enkelma.

*Hierdie is die tweede episode in ‘n reeks wat fokus op pa’s, met die viering van Vadersdag in Juniemaand.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | (On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek