In minder as ‘n jaar het Niël Scholtz se lewe verander. Borskanker is by sy vrou, Anica, gediagnoseer terwyl sy hoogswanger was met hulle tweede kind.
Sy was maar 29 jaar oud. Die egpaar het moeilike besluite in die gesig gestaar: ‘n noodkeiser, chemoterapie en ‘n mastektomie. Ten spyte van hul pogings, het die kanker na haar brein versprei, en Anica is’n paar maande later oorlede. In hierdie episode van ‘n Ma & ‘n Mikrofoon deel Niël sy storie.
Hy vertel vir Daniëlla hoe hy moes opstaan na dié ondenkbare seer en aanpas by ‘n nuwe normaal. Ons praat ook oor hoe hy en die seuntjies vir Anica onthou en gedenk, hoe hy emosioneel vir homself sorg; en oor genade, hoop en ‘n nuwe hoofstuk.
*Hierdie is die eerste episode in ‘n reeks wat fokus op pa’s, met die viering van Vadersdag in Juniemaand.
As jy wil kontak maak met Niël, stuur vir Daniëlla ‘n boodskap op M&M se Instagram- of Facebook-blad, of stuur ‘n e-pos na [email protected].