Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
29 Mei 2024

TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Greteli de Swardt

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Die aktrise Greteli De Swardt het op 20 getrou en op 21 ma geword. Die huwelik was beplan – maar die baba was ‘n verrassing!Terwyl die meeste van haar vriende dus deurnag-swotsessies of -partyjies gehou het, was Greteli soms twee uur soggens nag wakker om doeke te ruil en te borsvoed.

In hierdie episode gesels Daniëlla (‘n “ouer ma”…) met Greteli (‘n jonger ma) oor die ervaring en uitdagings om in jou vroeë twintigs mamma te word; hoe dit haar vriendskappe beïnvloed het; en hoe die koms van klein Alé haar en haar man se huwelik verander en verryk het.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Greteli de Swardt