Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
22 Mei 2024

Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Om kalm te bly terwyl jou kind se emosies buite beheer is, is een van ouerskap se groot uitdagings. En wanneer so tantrum dan nog plaasvind in ‘n besige winkelsentrum, met verbygangers wat hulle tonge klik en jou sommer hardop veroordeel, voel jy dalk sommer ook lus om op die grond te gaan sit en huil!

In hierdie episode help voorligtingsielkundige Fiona Doman van The Parenting Partner ons om sin te maak van groot emosies.

Sy verduidelik vir Daniëlla hoe kinders se brein aanmekaargesit is en waarom hulle nie emosies nie kan reguleer soos ‘n volwasse nie, en hoe ons hulle kan help om die nodige vaardighede aan te leer.

Ons praat ook oor ouer kinders en hulle emosionele uitdagings. Aan die einde van dié episode sal jy verstaan dat tantrums (hoewel allermins aangenaam) eintlik ‘n baie goeie teken is in jou kind se ontwikkeling!

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings