Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
8 Mei 2024

Hettie Brittz: ‘Kweek Kinders Met Karakter’ Vir ‘n Nuwe Generasie Ma’s

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Hettie Brittz gesels met Daniëlla van Heerden in 'n Ma & 'n Mikrofoon op Afrikaans.Radio

Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek “Kweek Kinders met Karakter” die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis.

Hettie, ‘n ma van 3 (en nou ook ouma van 1!) het nou die boek opdateer en ‘n nuwe weergawe is beskikbaar. Sy leer daarin dat jy jou kind werklik moet kén om hom of haar reg te kan hanteer – en dit beteken ook dat jy jouself (sterk- en swakpunte) moet ken.

Daniëlla en Hettie gesels in dié onderhoud oor al die nuwe uitdagings wat vandag se ouers moet trotseer; Hettie se eie uitdagings as jong ma; wat sy sedertdien geleer het; en oor die gesin se nuwe lewe in Amerika.

Hettie gee ook raad vir ander Afrikaanse mammas in die buiteland.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Hettie Brittz: ‘Kweek Kinders Met Karakter’ Vir ‘n Nuwe Generasie Ma’s