
Simoné Pretorius is ‘n film-, televisie- en teateraktrise. Maar in hierdie podcast praat sy minder dáároor, en meer oor ‘n ander, groter rol: dié as ma.
Haar dogtertjie Harper is ‘n kleuter en kleinboet James is nog net ‘n paar weke oud, en Simoné gesels met Daniëlla oor die hoogtepunte, die uitdagings en die tweeledigheid van ouerskap.
Ons praat oor grootword, oor miskrame, die lewe wat uit die dood spruit… en dat formule-baba’s darem eindelik ook almal méér as oukei is!