Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
17 April 2024

Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Byna al Tarryn Bell se kinders gaan binnekort sterf.

Tarryn wéét dit – sy’t hulle immers gekies. Talle is gered uit haglike omstandighede: weggegooi in bosse, agtergelaat in hospitale, of verwaarloos en mishandel in hulle ouerhuise.

Verskillende ongeneeslike siektes is by hulle almal gediagnoseer, wat beteken hulle het net weke of maande oor om te leef.

Nou maak Tarryn, haar man en biologiese kinders, en haar span by die Butterfly Palliative Home seker dat dié sterwende kinders in hulle laaste dae die nodige sorg kry – sowel as en liefde, liefde, en nog liefde. Dis nie maklik nie, want dis duur om vir terminale siek kinders te sorg en hulle sukkel elke maand om kop bo water te hou.

Daniëlla praat ook met Tarryn oor hoe sy en haar gesin dié gereelde trauma hanteer wanneer ‘n kind sterf en wat hulle geleer het van die dood.

Dié is ‘n gesprek met ‘n uitsonderlike ma wat jou nie ongeraak kan laat nie.

Besoek Butterfly Palliative Home hier of volg Tarryn en die werk wat hulle doen op Facebook of Instagram by “Butterfly Palliative Home”

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Ontmoet Die Ma Wat Kinders in Liefde Laat Sterf