Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
10 April 2024

Doen Dié 2 Dinge & Word ‘n Fikse Ma

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

In dié episode het jy toegang tot jou eie persoonlike afrigter. Michelle van Zyl is ‘n fiksheidskenner, “wellness coach” en ma van ‘n 6-jarige dogtertjie – en sy deel met Daniëlla van die oefen- en eetgeheime wat gewoonlik vir haar kliënte beskore is.

Michelle het sélf al ervaar hoe uitdagend dit kan wees om weer te begin oefen ná jy ‘n kind gehad het, en sy’t ook al tientalle vroue gehelp wat vir die heel eerste keer wil begin op ‘n fiksheidsreis.

Ons praat oor: Hoeveel tyd moet ek minstens afstaan aan oefen? En hoe maak ek tyd? Moet ek kalorieë tel om goed te lyk en te voel? Wat is die rol van proteïene in ‘n vrou se dieet? Hoe lyk ‘n goeie dag se eetplan? Hoe word ek sterk, sonder om manlik te begin lyk?

Volg Michelle op Facebook of Instagram @fitnwellwithmichelle

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Doen Dié 2 Dinge & Word ‘n Fikse Ma