Winter is sinoniem met siektes. Verkoues. Griep. En kinders wat net nie gesond word nie. Dr. Chantelle van der Bijl, ook bekend as Bloem MomDoc op sosiale media, gee in hierdie episode waardevolle raad.
Sy gesels met Daniëlla oor onder meer: Hoe jy verkoues en griep kan voorkom en behandel Die rol van antibiotika, en hoe en wanneer om dit NIE te gebruik nie Waarom koors eintlik goed is Jou immuunstelsel en hoe om dit gesond te hou.
Volg Chantelle op Facebook by Bloem MomDoc of Instagram @bloemmomdoc