Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
20 Maart 2024

TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Sarina Bosman

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Kom kuier in hierdie episode saam met Daniëlla en Sarina Bosman – ma van ‘n woelige seuntjie met nog een op pad, radio-aanbieder en fiksheidsfanatikus.

Ons gesels oor geboorte “planne” wat nié volgens plan verloop nie, kraamverlof, borsvoeding en melk (probeer)  express op kantoor, en hoe om steeds vir jou verhouding tyd te maak met ‘n besige kleutertjie wat heeltyd ook tyd en aandag opeis.

Sarina deel meer oor die dinge wat moederskap vir háár makliker gemaak het, en ons droom ook saam oor die toekoms.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | TWEE Ma’s & ‘n Mikrofoon: Sarina Bosman