Speel is nie sommer net kinderspeletjies nie! Deur speletjies leer kinders meer van hulleself, mekaar en sommer ook hoe die wêreld werk.
Dis ouers se werk om seker te maak ons kinders bly kinders, en die beste manier om dit te doen is om seker te maak hulle speel genoeg. In hierdie episode gesels Daniëlla met Marezelda Combrinck oor hoe jy betekenisvol met jou kind kan speel op elke ouderdom, hoekom ‘n magdom peperduur speelgoed nie so belangrik is nie en hoe jy as volwassene sélf nog kreatief kan “speel”.
Marezelda is ‘n opvoedkundige kenner, oud-onderwyser en die eienaar van Wikkelvingers, wat emmertjies vol speelgoed vir kleingoed saamstel.