Tina en Francois van Deventer van Pretoria het 12 kinders! Ja, hulle is die biologiese ouers van al 12. Ja, Tina het aan al 12 geboorte geskenk. Ja, mense gaap hulle soms aan. Nee, dit was nie altyd maklik nie – maar dit is ‘n seën en ‘n voorreg!
Daniëlla gesels met ma Tina van Deventer oor dié gesin se uitsonderlike lewe, hoe sy vir 12 kinders tuisonderrig gegee en kos gemaak het toe almal nog onder haar dak was.
Tina deel ook wenke vir ander ma’s oor hoe om die lewe te vereenvoudig en uitdagings te hanteer.