Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
28 Februarie 2024

Hoe om met jou kind oor seks te praat

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Hierdie episode bevat inligting wat jy dalk nie wil hoor nie, maar wat jy moet hoor:

Die kans is goed dat jou kind al teen graad 6 aan pornografie blootgestel sal wees – waarskynlik op ‘n ander kind se foon by die skool. As jy wag tot dan om met jou kind oor seks te praat, is dit te laat.

Só sê Marita Rademeyer, ‘n kliniese sielkundige van Pretoria wat veral met kinders en seksuele blootstelling werk.

Sy wil jou nie bang praat nie, maar sy wil jou oë oopmaak vir wat regtig aangaan, en jou die “tools” gee om te verseker jou kind kom praat met jou om die feite te kry.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Hoe om met jou kind oor seks te praat