Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
10 Februarie 2024

Help, ek is ‘n nuwe ma!

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Dis drie uur die oggend. Jou week oue baba hou nie op huil nie – jy het al alles probeer. Jou man is vas aan die slaap. Jy wonder: “Wat het my besiel? Hoe gaan ek hierdie kind kan grootmaak?”

Vir n Ma & ‘n Mikrofoon se heel eerste episode, begin ons by die heel begin van ‘n ma en haar kind se reis. Daardie oomblik wat jy die eerste keer daardie bondeltjie vashou – JOU kind. In die hospitaalteater, of kraamsaal, in jou huis, of wanneer jou aanneem-kind vir jou gegee word.

Daniëlla van Heerden gesels met Katinka Lategan, is ‘n geregistreerde verpleegster en borsvoedkonsultant by die Breastfeeding and Baby Clinic in Roodepoort. Katinka het al honderde nuwe ma’s besoek by hulle huise, in daardie brose toestand met ‘n nuwe baba, en sy’t al alles gesien.

Sy deel die basiese dinge wat elke nuwe ma moet weet, en gee ook wenke oor hoe om daardie eerste paar weke van jou “nuwe lewe” as mamma, te oorleef.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Help, ek is ‘n nuwe ma!