Hier’s ’n episode wat jy nie wil mis nie – selfs al klink “blaasgesondheid” nie juis soos ‘n lekkerluister-onderwerp nie!
In dié belangrike gesprek met Dr Farzana Cassim, een van Suid-Afrika se voorste uroloë en uro-ginekoloë, leer ons hoe om goed vir jou én jou kind se blaas te sorg –
1.) Wat gebeur met ’n vrou se blaas ná geboorte – en hoe jy dit kan versterk of probleme voorkom?
2.) Wanneer kinders reg is vir potty training (en wat jy moet weet oor nagdoeke en infeksies)?
3.) Hoe om gesonde toiletgewoontes by kleintjies aan te moedig?
4.) Watter blaasprobleme jy nie moet ignoreer nie – vir jouself én jou kind?