Hierdie episode is vir elke ouer wat al gehoor het: “Jy gaan jou oë knip en hulle is groot.”
Dis ‘n werklikheid wat vinniger aanbreek as wat ons dink — en dan sit jy skielik in ‘n stil huis, met ‘n hart vol herinneringe en ‘n kind wat honderde kilometers weg is. Daniëlla gesels met Susan Lombaard, wie se dogter onlangs die huis verlaat het, oor die emosionele reis van die leë nes-fase. Susan deel eerlike, praktiese raad, en ‘n kosbare storie oor hoe sy haar eie ma nou opnuut verstaan.
Hierdie episode is vir elke ouer wat hul kind wil voorberei vir die wêreld daar buite – en hul eie hart wil beskerm terwyl hulle die rokspante losmaak.