'n Ma en 'n Mikrofoon met Daniella van Heerden op Afrikaans.Radio
14 Mei 2025

Die Krag van ‘n Ma Wat Glo

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Wat as ander sê jou kind is ‘n fout? Dat jy eerder moes aborteer het? Dat jy haar moet wegsteek en vergeet?


Dis wat Susette Brynard moes hoor toe haar dogtertjie, Shéri, met Down-sindroom gebore is. Maar sy het gekies om nie te glo wat ander sê nie – sy het gekies om in haar kind te glo. Vandag is Shéri Brynard (43) ’n internasionale spreker, ’n inspirerende vrou met ’n tersiêre kwalifikasie – en ‘n lig vir almal wat haar pad kruis.


In hierdie inspirerende Moedersdag-episode – ook die eerste aflewering in die #MoedVirMammas-reeks saam met Afrikaans.com – gesels Daniëlla van Heerden met hierdie ongelooflike ma-en-dogter-span oor hoop, deursettingsvermoë, en die krag van ‘n ma se geloof.


Ons vier moeders, moedertaal én moed – met ’n storie wat jou siel gaan aanraak én jou moed gee vir jou eie ouerskapreis.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Die Krag van ‘n Ma Wat Glo