By haar 18 weke swangerskapskandering het Chrissie Adriaanse gehoop om die geslag van haar baba te hoor—maar sy het eerder ‘n lewensveranderende diagnose ontvang: hul seuntjie het Spina Bifida.
In hierdie roerende episode van ’n Ma en ’n Mikrofoon gesels Chrissie openhartig met Daniëlla oor daardie oomblik, die emosionele impak, en hoe hulle as gesin deur die een uitdaging na die ander moes werk—van neonatale operasies tot daaglikse versorging.
Maar tussen al die swaar is daar ook lig: klein Elian, met sy sprankelende persoonlikheid en aansteeklike lewenslus, hou almal om hom aan die glimlag.
Hierdie episode is deel van die #MoedVirMammas-reeks in samewerking met Afrikaans.com — ’n platform wat hoop, inspirasie en ondersteuning vir Afrikaanse ouers en gesinne bied.





