n Ma en n Mikrofoon aangebied deur Daniëlla van Heerden nou op Afrikaans.Radio
5 Februarie 2025

Annette Botha: Van Geboortetrauma na Genesing

Waaroor gaan ‘n Ma & ‘n Mikrofoon?

‘n Ma & ‘n Mikrofoon bied ‘n oop en eerlike ruimte vir ma’s om die uitdagings en vreugdes van ouerskap te bespreek. Daniëlla van Heerden bring kenners en spesiale gaste bymekaar om jou te inspireer, te bemagtig, en soms lekker te laat lag oor daardie onverwagte “ma-oomblikke.”

Wie is Daniëlla van Heerden?

Daniëlla is ’n bekende TV-aanbieder, joernalis, en ma van twee. Haar unieke perspektief en empatie maak haar die perfekte stem vir ma’s wat op soek is na ondersteuning, insig, en ’n bietjie humor. Haar eie reis as ma bring egtheid en warmte na elke episode.

Ons hoor gereeld van geboorteplanne, maar wat gebeur as dit nie volgens plan verloop nie? Die meteoroloog Annette Botha deel die traumatiese gebeure tydens geboorte van haar dogter Lente — ‘n ervaring wat Annette byna haar eie lewe gekos het. Annette deel haar en haar man se geloofspad, wat insluit emosionele letsels, terapie en genesing.

Podsending
| 'n Ma en 'n Mikrofoon | Annette Botha: Van Geboortetrauma na Genesing