Wat as jou eie ma jou nie meer herken nie?
Dit is die realiteit vir Karin Hand, ‘n ma van twee jong kinders, wie se ma met Alzheimer’s leef. Karin vergelyk die siekte met ‘n kluisenaarskrap wat haar ma stukkie vir stukkie uit haar eie dop druk.
In hierdie episode gesels Daniëlla met Karin oor die emosionele tol wat dit eis, hoe sy haar ma se nuwe werklikheid aanvaar, en hoe sy balans probeer vind tussen ouerskap en versorging.
Kontak Karin via Messenger: https://www.facebook.com/venter.karin