15 Mei 2023

Dr. Lonell Coetzee

Waaroor gaan My Neus in Jou Besigheid?

Hier druk Dr. Coléne Hind haar neus in die besigheid van Suid-Afrika se entrepreneurs.

Ontdek hul denke, leer uit hul suksesse en mislukkings, en kry waardevolle insigte vir jou eie besigheid.

Ken jy ’n inspirerende entrepreneur?

Ons is altyd op soek na nuwe entrepreneurs met unieke stories. Stuur jou voorstelle na ons en deel hul storie met die wêreld.

 

Rolmodelle, bronne van inspirasie, kinders grootmaak en diesel enjins!

Colene druk haar neus in die wolke in die gesprek met Dr Lonell Coetzee. Lonell is onder andere ‘n bekroonde lugbeheer kontroleerder of beter bekend as ‘n “air traffic controller”, helikopter vlieënier en instrukteur.

Sy is gesout in vele aspekte van die besigheid van lugvaart bestuur. Daar is geen tyd vir leeglê in Lonell se dagboek nie. Haar nuutste skepping The Henley Aeronautical Institute of Learning bied vars loopbaan geleenthede binne die lugvaart industrie vir beide groentjie studente asook lewenslange leerders.

Lonell se determinasie en entoesiasme is aansteeklik en sy skryf baie van haar sukses toe aan die kwaliteit van aanpasbaarheid wat sy geleer het as kind binne ʼn lugmag familie wat gereeld basis moes skuif. Een ding is verseker, Lonell se vlerke is veels te groot om ooit geknip te word.

Leer meer oor The Henley Aeronautical Institute of Learning hier.