Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard.
Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog?
Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan ‘n rekening erf wat niemand wil of dalk kan betaal nie.
In die klaskamers is onderwysers besig om ‘n bedreigde spesie te word: minder mense voor die bord, meer koppe agter die lessenaars, en kwaai studente weet wie om te blameer.
Teen 2066 kan die blankes glo slegs 2% van Suid-Afrika se bevolking uitmaak. ‘n Statistiek wat sommiges as ‘n waarskuwing lees, en ander as ‘n rede vir Sannie om stil te lê in die naam van volk en vaderland.
Dis Pandor en pype.
Dis klaskamers en krisisse.
Dis syfers wat vandag klink soos môre se probleem.
Dis KLETS.




