Bartho Eksteen Wynlandgoed
2 Julie 2025

Wyn, woorde en waardes

Ons gesels met die bekroonde wynmaker Bartho Eksteen en sy seun, Pieter Willem Eksteen – twee wynmense met ’n passie vir eerlike wyn, goeie stories, en Afrikaanse gasvryheid sonder pretensie.

Bartho bring meer as vier dekades se wynmaak-ervaring, internasionale erkenning, en ’n onwrikbare liefde vir Afrikaans. Dis wyn, maar met gevoel, stories, en ’n goeie skeut humor.

Ons KLETS oor:

  • Wat die Hemel-en-Aarde Vallei so uniek maak vir wynproduksie
  • Die filosofie agter hul bekroonde wynreeks en etikette
  • WIJNSKOOL en hoekom wynkennis gedeel móét word
  • Die dinamiek van familie op ’n wynplaas

Wat jy proe in ’n bottel Bartho Eksteen-wyn, is meer as net gehalte – dis hart, siel, tyd, ervaring en mense. Elke sluk het ’n storie.

As jy hou van wyn met integriteit, karakter en Afrikaans, is hierdie gesprek vir jou.

Adres: R320, Hemel-en-Aarde Vallei, Hermanus

Skink vir jou ’n glas, druk play, en geniet hierdie “wynlike” reis vol geure en lewenslesse.

Podsending
| KLETS | Wyn, woorde en waardes

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos.

Bartho Eksteen kom al die pad van die Hemel-en-Aarde Vallei na Menlo Park in Pretoria, 

met ses wyne, ’n ete en ’n storie in elke bottel.

Donderdag 29 Oktober | 17:30 vir 18:00 | R725 p.p.