’n Wyn Experience met Bartho Eksteen

Wanneer

Donderdag,

29 Oktober 2026

HOE LAAT

17:30 vir 18:00

Belangrik: begin 18:00 stiptelik

Waar

Alpine Attitude

Boutique Hotel

Menlo Park, Pretoria

HOEVEEL

R 725.00

Die prys is per persoon en sluit in die proe van ses wyne en ‘n tweegangmaaltyd

Sommige wynmakers maak wyn. Bartho Eksteen is die soort wynmaker wat ’n Sauvignon Blanc HOUTSKOOL noem, ’n Pinot Noir FLUISTER en ’n rosé BLOM, en dan by elke naam ’n storie het. Hierdie aand sit hy by jou tafel en vertel dit self.

Bartho is sedert 1984 in die wynbedryf, was Diners Club Winemaker of the Year in 2010, is ’n lid van die Cape Winemakers Guild en word in die wynwêreld die “Sage of Sauvignon Blanc” genoem.

Ses wyne, ses name, ses stories

  1. DOM: Dominus is Latyn vir “Heer”, maar in Afrikaans lees dit effens anders.
  2. HOUTSKOOL: Dertig jaar se huiswerk om uit te vind hoeveel hout ’n Sauvignon Blanc kan vat.
  3. MEESTER: Die Skoolhoof van Sauvignon Blanc.
  4. BLOM: Lente in ’n glas, met ’n bladsy in die geskiedenisboeke.
  5. FLUISTER: ’n Pinot Noir wat uit die Hemel-en-Aarde fluister, in Afrikaans, en jy leun vorentoe.
  6. NOSOTROS: Spaans vir “ons”. Die res van die liefdesverhaal hoor jy by Bartho self.

Bespreek jou kaartjies hier

Kies hoeveel kaartjies jy wil koop, gee vir elke kaartjie ’n naam en ete opsie, en betaal veilig deur PayFast. Jou kaartjie(s) volg per e-pos.

Belangrik om te weet

Veilige betaling deur PayFast. Jy word na PayFast geneem sodra jy op “Bespreek en betaal” druk, en jou kaartjie(s) volg per e-pos.

Geen persone onder 18 word toegelaat nie. Kies by die bespreking die korrekte ete opsie vir elke persoon: Standaard Ete, Standaard Ete (skulpvis-allergie) of Vegetariese Ete. Betaal veilig deur PayFast. Daar is nie ’n kansellasiebeleid nie. As jy nie opdaag nie, verbeur jy jou kaartjie en betaling. Kaartjies kan wel oorgedra word. Skryf asseblief vir [email protected].