Hierdie week se KLETS begin by die medicine cabinet… want dit blyk die wêreld sluk.
Antidepressante is nie meer net ‘n storie vir die stille mense in die agterste ry nie. Is die wêreld se gehalte van lewe regtig beter, of is ons net beter gemedikeer om nie te notice nie? Want die Quality of Life Index sê een ding. Jou WhatsApp group sê iets anders.
Wetenskaplikes het AI agente in ‘n mock wêreld geplaas en gekyk wat gebeur. Sommige het oorleef. Sommige het nie. En party het besluite begin neem wat niemand verwag het nie.
Terug aarde toe, en ons kyk na die stede met die meeste Airbnb’s ter wêreld. Kaapstad is op die lys. Naturally. Want as jy ‘n berg en ‘n see in jou backyard het, verhuur alles. Elke kamer en wendy house met ‘n view.
En dan, omdat dit KLETS is en ons hou van ‘n style moment, vra ons die vraag wat al lank gevra moes word: Kyk wat doen ‘n blazer.
Dis KLETS.





