Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
4 Augustus 2023

Dié grande madame Langebaan!

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos

Dié grande madame Langebaan! Dis Vrydag en die span KLETS met Isabella Niehaus. Sy skryf twee kookboeke wat beide ‘n Gourmand World Cookbook toekenning ontvang het. Die eerste boek “Duinhuis” vir Best entertainment boek en meer onlangs “Daar’s ‘n vegan op my verandah” saam haar skryf vennoot Louis Janse van Vuuren, of eerder soos Bella na hom verwys haar tweeling siel, vir die beste vegan kookboek in die wêreld!

Ons gesels ook kos, mooi goed, mense en menswees. Isabella deel ook met ons ‘n resep uit haar nuutste boek en is so gaaf om twee boeke weg te gee. Like die podcast, deel die podcast en like die Afrikaans.Radio bladsy om in aanmerking te kom!

Neutparmesaan Resep

Maak ongeveer 20 porsies

Jy benodig

1 Koppie rou, ongesoute kasjoeneute (of gebruik brasiliaanse neute, macadamias, dennepitte of amandels)

4 eetlepels (60ml) voedingsgisvlokkies

¾ teelepel (3,75ml) gerookte seesout

1 teelepel (5ml) knoffel- en uiepoeier

Só maak jy

Gooi al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en pols dit tot jy ‘n mengsel het me ‘n korrelrige tekstuur. Skep dit in ‘n skoon fles en hou dit in die yskas.

Wenk

Moenie die mengsel te veel pols nie, want dan kry jy neutbotter.

Bestel Isabella se boeke hier!

Podsending
| KLETS | Dié grande madame Langebaan!