Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
25 Julie 2023

Leon van Nierop

Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se spore lê diep in groot dele van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld.

Leon gesels in hierdie aflewering oor die geskiedenis van vloek in die Afrikaanse filmwese – van die eerste film waarvan hy weet waarin met opset gevloek is, tot van die jongste films. Hy praat ook uitvoerig oor die ouderdomsbeperking van 16TG op die film ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ en hoe dié ouderdomsbeperking kykerstalle beïnvloed het. Deurentyd word ook aandag gegee aan die rol en funksie van vloek in verskillende genres.

[Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Podsending
| Wat de Vloekwoord?! | Leon van Nierop

Waaroor gaan Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?! ondersoek die rol van vloekwoorde en taboe-onderwerpe in die vermaaklikheidswêreld en media. Met insigte van bekroonde skrywers, regisseurs, akteurs en meer, delf ons dieper in sensuur, kulturele norme, en hoe vloek ons taal vorm.

Oor die Navorsingsprojek

Hierdie reeks is deel van ’n baanbrekende navorsingsprojek oor vloek in Afrikaans en verwante tale.

Ons vra vrae soos: Wat is die funksie van vloek? en Hoe beïnvloed dit ons taal, kultuur, en media?

Besoek vloek.co.za vir meer inligting.